
Kom aanbid die Here saam met ons - Sondae om 09:30

Gereformeerde Kerk Kleinmond
Welkom by die Gereformeerde Kerk Kleinmond
Ons is sondaars wat losgekoop is deur die kosbare bloed van Jesus Christus en nou vir Hom leef en werk in Kleinmond. Ons missie is om die Here te verheerlik deur
-
die Here te aanbid (Joh. 4:23-24)
-
Christene toe te rus (Ef. 4:11-12; 2 Tim. 3:17)
-
en ons gemeenskap met die Evangelie te bereik (Mat. 28:18-20)
Ons glo dat die Bybel--wat deur God geïnspireer en daarom onfeilbaar is--die enigste gesag vir die kerk is. Ons is toegewy aan die bevordering van die Evangelie, suiwer en sistematiese prediking en die opbou van mede-gelowiges deur Bybel-gesentreerde samesyn.
Sondae om 09:30
Preekbespreking het afgesluit vir die jaar.
Geloftedag - 09:00
Kersdag - 09:00
-
​Die Markus-Bybelstudie hervat weer in Januarie 2026. Kleinmond sessie op 'n Dinsdag om 18:30 en Bettiesbaai op 'n Donderdag om 17:30.
-
Die mannegroep behandel Die Pelgrim se Reis op Vrydae oggende om 6:00.
-
Katkisasie hervat weer 25 Januarie 2026.
-
Nagmaal is 22 Februarie 2026.